Toetse en eksamens moet van graad 4 tot 12 voltooi word, aangesien dit 'n kritiese deel van enige leerder se jaarlikse assessering vorm.
Klik hier om meer te lees oor toetse en eksamens in graad 4 tot 9. As die ouer/voog kan jy of 'n tutor jou leerder se vordering assesseer. Onthou dat jy tot 28 Februarie van die volgende akademiese jaar het om alle
punte in te lees vir leerders in graad R tot 9. Alhoewel dit nie nodig is om enige assesserings by Impaq in te dien nie, is dit belangrik dat jy 'n portefeulje van jou leerder se werk hou vir ten minste 3 jaar. Is jy nuut by Impaq?
Klik hier om meer te lees oor waar om te begin.
In Suid-Afrika moet leerders van verpligte skoolgaande ouderdom (graad 1 tot 9 OF 7 tot 15 jaar oud) vir tuisonderrig geregistreer word.
Klik hier om meer te wete te kom oor hoe om jou leerder by die DBO te registreer vir tuisonderrig.